Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Johann Lodewyk Marais

@ Sunday Times Books LIVE

Johann Lodewyk Marais Latest

Nomade

NomadeBenoeming is die oer poëtiese aktiwiteit, die “local habitation and a name” waarvan Shakespeare praat, en in Nomade is dié twee aspekte van spesiale belang: plek, en benoeming, toe-eiening, her-ken-ning. By Marais word dit ’n sistematiese verkenning en her-ken-ning met bundels wat soms aan ’n diergroep (Aves) of streek (Plaaslike kennis) gewei én gewy word.

Die digter as optekenaar, as ontdekkingsreisiger in ongekaarte streke, is reeds ’n bekende strategie uit sy oeuvre. Wat gekarteer word, is nie net geografie nie, maar die bloedige geskiedenis van ’n kontinent, die stryde om besit daarvan. Die tydelikheid van tekens, sy dit kaart, of graffiti, of gedig. Die reis is nie net geografies nie, maar ook ’n reis terug in die tyd, en deur die taal.

Naas die historiese word terugbeweeg in die persoonlike geskiedenis, en daar word op poëtiese wyse besit geneem van ’n verlede, ’n verbintenis met grond word bevestig. Marais reis deur die Afrikaanse poësie met digterlike reisgenote, en ook deur sy eie oeuvre.

Met Nomade trek Marais verder noord en verwerf nuwe wêrelde vir sy poësie, maar ook vir die Afrikaanse poësie in die breë.

ISBN-13: 9780987039781
Koop Nou