Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Johann Lodewyk Marais

@ Sunday Times Books LIVE

About Johann Lodewyk Marais

Johann Lodewyk Marais is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel, Die somer is ’n dag oud (1983), en die SALA-toekenning vir Diorama (2012).

Hy het reeds agt bundels gepubliseer en stel ook twee bundels omgewingspoësie en een ter herdenking van die verskyning van “Winternag” saam.

Marais is bekend vir sogenaamde groen skryfwerk en vir sy navorsing oor Eugène N Marais en die geskiedenis van Kenia waarooor hy gereeld artikels skryf.

Marais se digbundels sluit in: Palimpses (1987), By die dinge (1989), Verweerde aardbol (1992), Aves (2002), Plaaslike kennis (2004), Diorama (2010), In die bloute (2012) en Nomade (2014).

Hy stel ook drie digbundels saam, naamlik Groen: Gedigte oor die omgewing (1990), Ons klein en silwerige planeet: Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing (1997, saam met die Amsterdamse digter en letterkundige Ad Zuiderent) en Honderd jaar later: Ter viering van die publikasie van Eugène N. Marais se “Winternag” op 23 Junie 1905 (2006).

 

Please register or log in to comment